September 2010 Nuusbrief.
Welkom by die webtuiste van ZAR Boeke!!!
Ek bied jou die wonderlike geleentheid om van jou gunsteling SUID-AFRIKAANSE boeke te bestel en in Australië aan jou afgelewer word!!!
Jou hele gesin hierdie lente in die lieflike sonnige weer buite sit en uit hul Afrikaanse boeke lees!!! Ons wil almal 'n ietsie van ons geliefde tuisland Suid-Afrika in ons huise hou, en 'n boek is altyd 'n wenner! So kan jy ook jou kinders se liefde vir die Afrikaanse Taal groei deur saam met hulle in Afrikaanse boeke 'n avontuur te ontdek. ZAR Boeke het titels van verskeie Suid-Afrikaanse uitgewers beskikbaar in Afrikaans en Engels!!
Tans kan enige boeke van NB-Uitgewers deur my aan jou voorsien word. Sien die aangehegde NB 2010 Katalogus, meer inligting is beskikbaar op hul webwerf: www.nb.co.za Boeke deur: Tafelberg, Kwêla, Human & Rousseau, Pharos en Best Books.
Katagorie sluit in: RESEPTEBOEKE, WOORDEBOEKE, BLOKKIESRAAISELS, AKTUEEL, JONG LESERS, REIS, LEEFSTYL, KORT PROSA, POËSIE, HUMOR, ROMANS, LIEFDES EN KORTVERHALE....
NOU OOK: Lux Verbi vir Christelike boeke: www.luxverbi.co.za gaan kyk na die katalogus: http://www.myvirtualpaper.com/doc/luxverbi/Luxverbi09/2009081901/
~ ~ ~
Gee ZAR Boeke die geleentheid om enige van die boeke op ons pryslys, hier in Australië, aan jou te voorsien!
Posgeld binne 50km van Perth beloop $10 vir aflewering deur Australian Post (tot en met 20kg). Vir gebiede verder uit Perth en buite WA moet kwotasie verkry word.
Let asseblief daarop dat ons vir die volgende bestelling, jou bestelling en betaling teen Saterdag, 9 Oktober 2010 moet ontvang om binne 2-3 maande (afhangende van doane) afgelewer te word.
Nota: Langsaan is idees en voorbeelde van my aanbevole gunsteling boeke. Die kookboeke is ook beskikbaar in Engels.
Kyk gerus na NB Katalogus 2010 hier onder en vind ook ZAR Boeke se pryslys en bestelvorm. Indien daar enige vrae is, kontak my gerus.
Vriendelike groete, -- Anja Kotzé ZAR Boeke Como, Perth, W.A. |
|
50 van die Beste Tradisionele Suid-Afrikaanse resepte
|
50 van die beste tradisionele Suid-Afrikaanse resepteSkrywer: Datum Vrygestel: 02/03/2009 ISBN: 9780798150095 Prys: AU$ 29.00
50 van die beste tradisionele Suid-Afrikaanse resepte | Kos & drank
Human & Rousseau
Oos, wes, tuis bes. Tradisionele Suid-Afrikaanse resepte is hartsgoed - en Suid-Afrikaners uit alle kulture kuier graag saam om ‘n tafel gelaai met gunstelinge. Wie verlang nie na hulle ouma se melktert of Ma se lekker vetkoek Saterdae na sportbyeenkomste nie? Met resepte soos boontjiesop, melkkos, tamatiebredie, souskluitjies, souttert en gemmerbier sal die versameling resepte gelukkige kosherinneringe ‘n werklikheid maak vir oud en jonk.
50 van die Beste Tradisionele Suid-Afrikaanse Resepte het ‘n dis vir elkeen se smaakvoorkeur - van smoorsnoek, kerrieafval, sousboontjies en soetpatats tot hoenderpastei, malvapoeding en koekstruif.
|
| |
Kook & Geniet
|
Kook en Geniet Skrywer: S.J.A. de Villiers Datum Vrygestel: 03/06/2009 ISBN: 9780798149181 Prys: AU$ 57.00
Kook en Geniet | Kos & drank
S.J.A. de Villiers
Human & Rousseau
Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as ’n miljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld dié klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van dié boek.
Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet – van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos perfek te vries – naas die meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte. Dink aan Japie se gunsteling, waterblommetjies of souskluitjies.
Volledig hersien en herverpak in ’n kleiner, dikker formaat wat die gevoel van die oorspronklike met moderne leesbaarheid versoen.
Ook beskikbaar in Engels: Cook and Enjoy.
|
| |
Huisgenoot Top 500 Wenresepte
|
Huisgenoot Top 500 Wenresepte
Skrywer: Carmen Niehaus Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798146234 Prys: AU$ 55.00
Huisgenoot Top 500 Wenresepte | Kos & drank
Carmen Niehaus
Human & Rousseau
Die immergewilde Huisgenoot Wenresepte-reeks is onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse kosavontuur – kookboeke wat hulle plek volstaan reg langs Kook en Geniet. Nou het alle Wenresepte-aanhangers die kans om hulle uit te leef met ’n versameling van die Top 500 Wenresepte. Die boek is spesiaal saamgestel sodat Huisgenoot-lesers die gewilde tydskrif se 90ste verjaardag in styl te vier.
Hierdie lywige samestelling bestaan uit 17 liplek-lekker hoofstukke, insluitend Soutterte, Soet terte, Gebakte poedings, Vis en Seekos en Maalvleis en Pastei. Trefferresepte soos Ouma se Karoolamspastei (Wenresepte 7), Pampoenkoekies in stroop (Wenresepte 1), Biltongsop (Wenresepte 7) en Varkboud met lemoensous (Wenresepte 4) is ingesluit. Natuurlik het Suid-Afrikaners se soet tand nie vergete gebly nie met staatmakers soos Melktertkaaskoek (Wenresepte 3), Gemmerpoeding (Wenresepte 2000), Maaskaaskoek (Wenresepte 3) en Allerlekkerste sjokoladekoek (Wenresepte 2).
Elke resep is getoets deur die bekwame Huisgenoot-kosspan en dra hul stempel van flatervrye kook- en bakgenot. Ook is daar ’n versameling pragfoto’s wat saam met die kontemporêre uitleg sorg dat Huisgenoot Top 500 Wenresepte ’n noodsaaklikheid sal wees in elke kombuis.
|
| |
Huisgenoot Potjiekoswenners
|
Huisgenoot Potjiekoswenners
Skrywer: Carmen Niehaus Datum Vrygestel: 12/09/2008 ISBN: 9780798140423 Prys: AU$ 33.00
Carmen Niehaus
Human & Rousseau
In Potjiekoswenners wys Carmen hoe veelsydig die swartpot kan wees. Hy hoef nie net op drie bene sy staan oor die vuur te kry nie, die platboom-swartpot is ewe tuis in die kombuis – en die kos wat lank en stadig hierin voorberei word, is net eenvoudig geuriger en lekkerder.
Met tradisionele gunstelinge asook nuwerwetse fynproewerpotjies is hierdie die één kookboek wat elke potjiekosliefhebber moet hê. Kyk bietjie na die resepte … Romerige kerrieseekospot, Wildhutspot, Maleise skaapafval, Griekse lamsboud, Hoender en geelrys, Mev. Pachoo se kerriemaalvleis, Boereworspot, Geurige mieliemeelpap, Stampmielies en bone, Spesery-aartappels, Pizzapotbrood, Sagosouskluitjies … genoeg om jou mond te laat water!
Huisgenoot Potjiekoswenners | Kos & drank
|
| |
Huisgenoot Braai
|
Huisgenoot Braai Skrywer:Carmen Niehaus Datum Vrygestel: 30/09/2009 ISBN: 9780798151047 Prys: AU$ 51.00
Huisgenoot Braai | Kos & drank
Carmen Niehaus
Human & Rousseau
Huisgenoot Braai bevat Suid- Afrika se beste braairesepte en -wenke, spesiaal uitgesoek en getoets, van ou staatmakers tot splinternuwe, innoverende resepte.
Carmen Niehaus se omvattende braaigids propvol lusmaak-resepte, getoets in Huisgenoot se kombuis, dek alles wat ‘n braaier sou kon wil weet. Nie net kry al die vleissoorte – vis, vark, steak, hoender en wild – hulle kans op die kole nie, maar daar is ook hoofstukke oor slaai en groente, brode en poeding, en happies vir vooraf. Praktiese detail oor braai met kole, brikette of gas, oor marinades en gegeurde botters, souse en vryf- of speserymengsels help karakter aan jou kos verleen.
Is iemand dalk lus vir die Gekruide skaapribrol met hupstootvulsel of Klewerige hoendervlerkies? Of wat van Gevulde wildsrugfilet en Weskussnoek?
Met Huisgenoot Braai nooi Carmen alle braaiers – van beginners tot dié wat wéét – om vriende en familie saam te roep vir smulkos en samesyn.
|
| |
Die Volledige bakboek
|
Die Volledige bakboek Skrywer:Heilie Pienaar Datum Vrygestel: 04/06/2007 ISBN: 9780798148092 Prys: AU$ 65.00
Die Volledige bakboek | Kos & drank
Heilie Pienaar
Human & Rousseau
Die Volledige Bakboek is voorwaar die enigste bakgids wat jy in die kombuis benodig. Heilie Pienaar bespreek die basisbestanddele (bv. Meel, suiker, eiers en rysmiddels), gee raad oor die kies van bakware, voorbereiding van die oond, seevlakgids vir bak en vinnige omskakelings.
In Die Volledige Bakboek bied Heilie meer as 250 resepte wat die klassieke familie-gunstelinge insluit, maar ook 'n versameling vir die wat hou van resepte met 'n kinkel – soos Swart Woud-muffins, Spek-en-eier-muffins in fillodeeg, Naanbrood met knoffel en koljander en Lemoen-semolina koek.
Die boek bied ook 'n hoofstuk met tradisionele gebak soos Koeksisters, Soetkoekies, Tipsytert, Tradisionele melksnysels en Souskluitjies.
Bêremengsels is nog 'n hoogtepunt wat bakwerk vinniger en goedkoper maak – jy maak een groot mengsel en deel dit dan in porsies om later op 'n verskeidenheid maniere te gebruik.
Die stap-vir-stap hoofstuk dien as 'n gids vir versiering, tegnieke, wat verkeerd kan loop en die aller-belangrike woordelys.
Die Volledige Bakboek is uiters bruikbaar, propvol inspirasie en die resepte 100% betroubaar.
|
| |
Suster Lilian se swangerskap- en geboorteboek
|
Suster Lilian se swangerskap- en geboorteboek Skrywer:Suster Lilian Datum Vrygestel: 16/09/2005 ISBN: 9780798145152 Prys: AU$ 44.00
Suster Lilian se swangerskap- en geboorteboek | Gesondheid, dieet & kookkuns
Suster Lilian
Tafelberg
Suster Lilian is ’n ervare vroedvrou met uitgebreide praktiese ondervinding van swangerskap, geboorte en kindersorg. Met hierdie wonderlike nuwe boek rus sy verwagtende ouers toe met alles wat hulle maar kan wil weet omtrent swangerskap en geboorte.
Aangesien voorgeboortelike sorg ideaal reeds lank voor bevrugting begin, bespreek sy die regte maniere om vir swangerskap voor te berei sodat die ouers kan verseker wees hulle verwek die gesondste baba moontlik. Die moeder se gesondheid, haar persoonlikheid, die ouers se verhouding, hul emosionele intelligensie, ouderdom en vrugbaarheidsfaktore word van nader beskou.
Sy lei die ouer deur elke stadium van die swangerskap self. ’n Meer intieme kennis van die groei en ontwikkeling van die baba, laat hulle meer betrokke voel by hierdie haas ongelooflike proses en maak hulle ook meer bewus van hoe hulle hierdie ontwikkeling kan beïnvloed. Hierdie kennis help om ongegronde vrese te besweer, bemagtig hulle om die regte keuses uit te oefen, en help om swangerskap ’n aangename ervaring te maak.
Suster Lilian voel dat die geboorteproses, dié gebeurtenis waarop ouers gewag het deur die lang weke van die swangerskap, meer natuurlik kan geskied as die unieke eienskappe van die moeder wat gaan geboorte skenk in gedagte gehou word. Sy kyk na al die opsies, en beveel ’n natuurlike geboorte aan waar alles wel is met die moeder en die baba, maar waar mediese ingryping of ’n keisersnee aangewese is, is dit die beste uitweg.
ALSO AVAILABLE IN ENGLISH, Sister Lilian's Pregnancy and Birth Companion.
|
| |
Suster Lilian se Babasorgboek
|
Suster Lilian se babasorgboek
Skrywer: Suster Lilian Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798144575 Prys: AU$ 47.00
Suster Lilian se babasorgboek | Gesin & gesondheid
Suster Lilian
Human & Rousseau
Suster Lilian is ’n alombekende en -beminde babasorgkenner. In hierdie omvattende gids spreek sy die belangrikste kwessies aan wat ouers van pasgebore babas tot driejarige kleuters raak.
Die boek word ingelei met ’n deurskouende blik op die baba se eerste 12 maande, wat sal verseker dat die ma met die nodige selfvertroue haar baba leer ken. Alles wat sy moontlik kan wil weet om seker te maak dat sy vir haar baba die beste wegspringplek in die lewe bied, is hier. Ouers word gewys op die fisieke en emosionele kenmerke van hul babas, sodat hulle hul werklik intiem sal leer ken. Suster Lilian help hulle om meer staat te maak op hul natuurlike instinkte en gesonde verstand terwyl hulle die nuweling grootmaak. Binnekort sal hulle hul verlustig in die positiewe sy van ouerskap en hulle glad nie meer die lewe sonder die kleinding kan voorstel nie.
Algemene ouerskapskwessies word in die onderskeie afdelings beskou. Suster Lilian se benadering is om tradisionele en natuurlike genesing (veral homeopatie) te integreer waar daar kommer oor die gesondheid is (koliek, kindersiektes, eetprobleme, slaapversteurings, noem maar op). Sy bewapen ouers met die nodige insig om self aktief betrokke te raak by hul babas se gesondheid. Haar babasorgboek bied waarskynlik dié mees praktiese, holistiese benadering tot kindergesondheid ooit.
Naas die besonder waardevolle afdeling oor bors- en bottelvoeding, is daar ’n uitgebreide afdeling oor baba- en kleutervoeding met resepte vir maaltye en peuselhappies en tydige inligting oor bymiddels.
Roetine, dissipline, reis met babas en kleuters, slaap, dagsorg – al die ouers se vrae word aangespreek.
Suster Lilian se boek is verseker van ’n plek op die rak van elke ouer wat werklik die beste moontlike ouer vir sy kind wil wees.
|
| |
Wat’s in Mamma se magie?
|
Wat’s in Mamma se magie?
Skrywer:Abby Cocovini Datum Vrygestel: 01/10/2007 ISBN: 9780798149068 Prys: AU$ 26.00
Wat’s in Mamma se magie? | Prenteboeke
Abby Cocovini
Human & Rousseau
Hierdie is die enigste boek wat jy ooit sal nodig hê om te verduidelik wat gebeur binne-in ’n verwagtende mamma se magie! Die swangerskap ontwikkel maand vir maand, bladsy vir bladsy. Hou die blaaie teen jou maag en die lewensgrootte illustrasies sal dit duidelik maak hoe die baba besig is om te groei. Die finale uitvoublad wys presies hoe groot die baba in Mamma se maag werklik is! Deel en geniet hierdie boek met jou kind en berei hom of haar voor vir die koms van hulle nuwe bababoetie of –sussie!
|
| |
Leer van kleure saam met Wikus
|
Leer van kleure saam met Wikus
Skrywer: Jan Ivens Datum Vrygestel: 02/07/2009 ISBN: 9780798150743 Prys: AU$ 16.00
Leer van kleure saam met Wikus | Voorskoolse & vroeë onderrig
Jan Ivens
Human & Rousseau
Kom leer van kleure saam met Wikus! Jonger kinders kan heerlik saam leer en speel deur die wiel aan die kant van die boek te draai om elke keer die regte kleur te soek en te vertoon in die driehoekige loergaatjie op die bladsye. Die eenvoudige teks en bygaande illustrasies is perfek vir beginnerlesers en kinders sal speel-speel al die verskillende kleure leer ken.
|
| |
Leer van vorms saam met Wikus
|
Leer van vorms saam met Wikus
Skrywer: Jan Ivens Datum Vrygestel: 02/07/2009 ISBN: 9780798150750 Prys: AU$ 16.00
Leer van vorms saam met Wikus | Voorskoolse & vroeë onderrig
Jan Ivens
Human & Rousseau
Kom leer van vorms saam met Wikus! Jonger kinders kan heerlik saam leer en speel deur die wiel aan die kant van die boek te draai om elke keer die regte vorms te soek en te vertoon in die driehoekige loergaatjie op die bladsye. Die eenvoudige teks en bygaande illustrasies is perfek vir beginnerlesers en kinders sal speel-speel al die verskillende vorms leer ken.
|
| |
Wikus het pret op die plaas
|
Wikus het pret op die plaas
Skrywer: Jan Ivens Datum Vrygestel: 01/07/2008 ISBN: 9780798149631 Prys: AU$ 11.00
Wikus het pret op die plaas | Fiksie vir kinders
Jan Ivens
Human & Rousseau
Wikus (ook bekend as Viktor van die oorspronklike Franse boeke) en sy vriend Wim bied waardevolle vermaak vir beginnerlesers. Wikus en Wim spandeer ‘n dag op die plaas. Daar is baie om te leer en baie pret om te hê. Die flappies op die bladsye kan oopgemaak word om klomp heerlike verrassings te vind.
|
| |
Wikus het pret in die skool
|
Wikus het pret in die skool Skrywer: Jan Ivens Datum Vrygestel: 01/07/2008 ISBN: 9780798149624 Prys: AU$ 11.00
Wikus het pret in die skool | Fiksie vir kinders
Jan Ivens
Human & Rousseau
Wikus (ook bekend as Viktor van die oorspronklike Franse boeke) en sy vriend Wim bied waardevolle vermaak vir beginnerlesers. Wikus en Wim gaan skool toe. Daar is baie om te leer en baie pret om te hê. Die flappies op die bladsye kan oopgemaak word om klomp heerlike verrassings te vind.
|
| |
Otto se uitstappie
|
Otto se uitstappie
Skrywer: Eric Hill Datum Vrygestel: 01/04/2009 ISBN: 9780798150583 Prys: AU$ 29.00
Otto se uitstappie | Fiksie vir kinders
Eric Hill
Human & Rousseau
Hierdie boek bevat twee klassieke Otto-verhale in een. In Otto se eerste uitstappie kan jy saam met Otto op ‘n avontuur gaan en kyk wat hy alles op sy uitstappie ontdek. Jy kan ook park toe gaan in Otto gaan park toe en saam met hom en sy maats pret hê, op die glyplank ry en met die bal speel.
|
| |
Loergaatjie: Bome
|
Loergaatjie: Bome Skrywer: Penelope Arden Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798147545 Prys: AU$ 20.00
Loergaatjie: Bome | Naslaan & tuisstudie
Penelope Arden
Human & Rousseau
Lig die flappe, vou die blaaie uit, en ontdek alles omtrent bome!
Almal hou van bome. Hulle is die grootste plante op die aarde, maar wat word alles van hout gemaak? Wat kan ek eet wat aan bome groei? Hoekom woon sommige diere in bome?
Loergaatjie-boeke het 'n verrassing op elke bladsy. Daar is soveel plesierige dinge om te vind en soveel opwindende dinge om te sien en te doen dat elke kind dit sal geniet om die wêreld rondom hom te ontdek.
|
| |
Loergaatjie: Water
|
Loergaatjie: Water Skrywer: Penelope Arden Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798147552 Prys: AU$ 20.00
Loergaatjie: Water | Naslaan & tuisstudie
Penelope Arden
Human & Rousseau
Lig die flappe, vou die blaaie uit, en ontdek alles omtrent water!
Almal is versot op water: om dit te drink, om in poele te plas en om te gaan swem. Maar waar kom dit vandaan? Hoekom dryf ‘n boot? Hoe maak ‘n mens ysies?
Loergaatjie-boeke het ‘n verrassing op elke bladsy. Daar is soveel plesierige dinge om te vind en soveel opwindende dinge om te sien en te doen dat elke kind dit sal geniet om die wêreld rondom hom te ontdek.
|
| |
Loergaatjie: Plante
|
Loergaatjie: Plante Skrywer: Penelope Arden Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798147569 Prys: AU$ 20.00
Loergaatjie: Plante | Naslaan & tuisstudie
Penelope Arden
Human & Rousseau
Lig die flappe, vou die blaaie uit, en ontdek alles omtrent plante!
Daar is plante oral om ons. Maar hoekom is daar so baie? Hoekom is die meeste van hulle groen? En watter plante eet ons? Hoe kan ek ’n plant uit 'n saadjie laat groei?
Loergaatjie-boeke het ’n verrassing op elke bladsy. Daar is soveel plesierige dinge om te vind en soveel opwindende dinge om te sien en te doen dat elke kind dit sal geniet om die wêreld rondom hom te ontdek.
|
| |
Loergaatjie: Voëls
|
Loergaatjie: Voëls Skrywer: Penelope Arden Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798147576 Prys: AU$ 20.00
Loergaatjie: Voëls | Naslaan & tuisstudie
Penelope Arden
Human & Rousseau
Lig die flappe, vou die blaaie uit, en ontdek alles omtrent voëls!
Voëls het twee vlerke en 'n klomp vere, maar waar woon hulle? Waarvan maak hulle hul neste? Hoe voel dit om 'n snawel te hê?
Loergaatjie-boeke het ’n verrassing op elke bladsy. Daar is soveel plesierige dinge om te vind en soveel opwindende dinge om te sien en te doen dat elke kind dit sal geniet om die wêreld rondom hom te ontdek.
|
| |
Loergaatjie: Weer
|
Loergaatjie: Weer Skrywer: Penelope Arden Datum Vrygestel: 01/10/2008 ISBN: 9780798149518 Prys: AU$ 20.00
Loergaatjie: Weer | Naslaan & tuisstudie
Penelope Arden
Human & Rousseau
Lig die flappe, vou die blaaie uit, en ontdek alles omtrent die weer! Wind of reën, son of sneeu, die weer verander gedurig, maar hoekom? Hoe kan mens weervoorspellings maak? Wat is ’n orkaan? Waar is die natste plek op aarde?
Loergaatjie-boeke het ’n verrassing op elke bladsy. Daar is soveel plesierige dinge om uit te vind en soveel opwindende dinge om te sien en te doen dat elke kind dit sal geniet om die wêreld rondom hom te ontdek.
|
| |
Loergaatjie: Insekte
|
Loergaatjie: Insekte
Skrywer: Penelope Arden Datum Vrygestel: 01/10/2008 ISBN: 9780798149525 Prys: AU$ 20.00
Loergaatjie: Insekte | Naslaan & tuisstudie
Penelope Arden
Human & Rousseau
Lig die flappe, vou die blaaie uit, en ontdek alles omtrent insekte! Kriewelrige goggas kan vlieg, spring, en selfs onderstebo hang. Maar hoe doen hulle dit? Wat is die grootste en die kleinste insekte? Hoe steek sommige insekte hulleself weg?
Loergaatjie-boeke het ’n verrassing op elke bladsy. Daar is soveel plesierige dinge om te vind en soveel opwindende dinge om te sien en te doen dat elke kind dit sal geniet om die wêreld rondom hom te ontdek.
|
| |
Vergeet-my-nie
|
Vergeet-my-nie Skrywer: Michael Broad Datum Vrygestel: 01/01/2009 ISBN: 9780798150309 Prys: AU$ 22.00
Vergeet-my-nie | Prenteboeke
Michael Broad
Human & Rousseau
“Onthou om altyd by die trop te bly,” waarsku Manie die olifantjie se Mamma. “En moet nooit vergeet hoe lief ek jou het nie.”
Vergeet-my-nietjies is klein, blou blommetjies wat na die reën opkom. Hierdie blommetjies help olifante onthou, sê Manie se mamma. Daar is twee belangrike dinge wat Manie moet onthou. Maar dan ontdek hy ‘n interessante helder, blou ding, en vergeet skoon van sy mamma se waarskuwing. Sal hy haar weer vind voordat die reën kom?
|
| |
Vergeet-My-Nie: Vriende is soos bloeisels
|
Vergeet-My-Nie: Vriende is soos bloeisels
Skrywer:Michael Broad Datum Vrygestel: 01/05/2010 ISBN: 9780798151788 Prys: AU$ 22.00
Vergeet-My-Nie: Vriende is soos bloeisels | Prenteboeke
Michael Broad
Human & Rousseau
“Daar is soveel verskillende diere, Mamma,” fluister Vergeet-My-Nie. “Hoe sal ek ooit maats maak?”
Vergeet-My-Nie, die olifantjie, wil vreeslik graag maats maak, maar niemand stel in hom belang nie. Sy mamma sê ’n vriendskap neem tyd om te blom, net soos wat bloeisels tyd neem om aan die bome te begin bot. Wanneer Vergeet-My-Nie vir Kersie, die kameelperdjie, ontmoet, besluit hy om te wag en te sien wat gebeur . . .
Vergeet-My-Nie het reeds in die eerste titel in die reeks lesers se harte gesteel. Sy volgende avontuur beloof om net so opwindend te wees, terwyl die unieke illustrasies lesers van alle ouderdomme weereens sal betower.
|
| |
Kameelperd wat so lag
|
Kameelperd wat so lag Skrywer: Mwenye Hadithi Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798149341 Prys: AU$ 22.00
Kameelperd wat so lag | Prenteboeke
Mwenye Hadithi
Human & Rousseau
Lank gelede was Kameelperd die lawaaierigste dier op die grootse Afrika-vlaktes. Hierdie is die storie van hoe die kleinste Wit Reiertjie vir Kameelperd bewys het dat jy nie lawaaierig hoef te wees vir iemand om na jou te luister nie.
|
| |
Ek’s lief vir die plaas
|
Ek’s lief vir die plaas
Skrywer: Emma Surry, Hermione Edwards Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798149563 Prys: AU$ 21.00
Ek’s lief vir die plaas | Voorskoolse & vroeë onderrig
Emma Surry, Hermione Edwards
Human & Rousseau
In hierdie kleurvolle boek met sy prettige, rymende teks en pragtige foto’s maak kinders kennis met plaasdiere, masjinerie, kos en vele meer.
|
| |
Slaaptydstories vir kinders
|
Slaaptydstories vir kinders Skrywer: Mathew Price Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798144889 Prys: AU$ 27.00
Slaaptydstories vir kinders | Fiksie vir kinders
Mathew Price
Human & Rousseau
’n Beer wat nie kan slaap nie, Vettie Boemstieks, ’n klein jakkals wat vir niks skrik nie – hierdie boek is vol wonderlike karakters wat regstaan vir ’n bietjie vermaak voor slaaptyd. Die vyf splinternuwe stories sal elke kind se hartjie bly maak.
|
| |
Saamlees-stories vir kleuters
|
Saamlees-stories vir kleuters
Skrywer: Mathew Price, Atsuko Morozumi Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798149532 Prys: AU$ 27.00
Saamlees-stories vir kleuters | Fiksie vir kinders
Mathew Price, Atsuko Morozumi
Human & Rousseau
Hierdie boek met pragtige illustrasies deur Atsuko Morozumi, bevat eenvoudige, maar interessante stories vir baie jong lesers. Van die verhale het interessante bykomstighede, soos flappies wat opgelig kan word en beskrywings van bewegings wat uitgevoer kan word om deel te neem aan die storie.
Die illustreerder Atsuko Morozumi is gebore in Japan, maar woon tans in Engeland. Sy is bekend vir haar illustrasies vir boeke soos One Gorilla, ’n New York Times Beste Geïllustreerde Boek van die Jaar.
|
| |
Moeder Gans se rympies en stories
|
Moeder Gans se rympies en stories Skrywer: Philip de Vos, Axel Scheffler Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798148917 Prys: AU$ 36.00
Moeder Gans se rympies en stories | Fiksie vir kinders
Philip de Vos, Axel Scheffler
Human & Rousseau
In hierdie pragtige bundel het rympiekoning Philip de Vos die wêreld se mees geliefde rympies in Afrikaans verwerk. Ontmoet ook vir Moeder Gans en haar kroos en vind presies uit hoe hierdie bekende rympies ontstaan het. Dit is ’n skatkis van rympies en verhale wat oud en jonk sal geniet.
|
| |
My eerste tweetalige woordeboek
|
My eerste tweetalige woordeboek
Skrywer: Ellen Wales Walpole Datum Vrygestel: 06/11/2001 ISBN: 9780798142151 Prys: AU$ 29.00
My eerste tweetalige woordeboek | Kinderwoordeboeke
Ellen Wales Walpole
Human & Rousseau
|
| |
My eerste honderd woorde
|
My eerste honderd woorde
Skrywer: Heather Amery Datum Vrygestel: 01/01/1900 ISBN: 9780798143813 Prys: AU$ 26.00
My eerste honderd woorde | KInderwoordeboeke
Heather Amery
Human & Rousseau
My eerste honderd woorde is ’n prentewoordeboek vir die heel kleintjies. Vir dié wat net begin praat, is dit ’n opwindende kyk-en geselsboek; vir kinders wat al begin lees, is dit propvol interessante woorde en tekeninge; en sodra hulle begin skryf, word dit ’n stimulerende spelboek.
|
| |
Die Teddiebeertjie wat sy grom verloor het
|
Die Teddiebeertjie wat sy grom verloor het Skrywer: Carrie Brook Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798148658 Prys: AU$ 19.00
Die Teddiebeertjie wat sy grom verloor het | Prenteboeke
Carrie Brook
Human & Rousseau
Geniet die storie van ’n hond met kolle, ’n groot bruin beer, ’n kwaai wolf en die teddiebeertjie wat sy grom verloor het. Dit is ’n pragtige storie oor teddiebeertjie wat op soek is na sy identiteit – sy grom. Die klankknoppie maak die leeservaring ’n prettige een!
|
| |
Skatkis van dierestories
|
Skatkis van dierestories Skrywer: Susanna Davidson, Rocio Martinez Datum Vrygestel: 10/04/2009 ISBN: 9780798150293 Prys: AU$ 31.00
Skatkis van dierestories | Fiksie vir kinders
Susanna Davidson, Rocio Martinez
Human & Rousseau
Hierdie skatkis van verhale met pragtige illustrasies, bevat verhale van regoor die wêreld. Van Aesop se klassieke stories, tot volksverhale uit Afrika en geliefde stories uit die pen van bekende skrywers soos Kipling. Lag vir Slim Hasie se stoutstreke, ontdek die GROOTSTE padda ooit en ontmoet die onvergeetlike nors renoster. Vind uit waar stories vandaan kom, lees hoe ’n klein muisie ’n groot leeu se lewe red en hoor hoekom honde en katte mekaar haat.
|
| |
Partytjies is pret
|
Partytjies is pretSkrywer: dit Datum Vrygestel: 05/06/2005 ISBN: 9780624043058 Prys: AU$33.00
Partytjies is pret | Kos & drank
dit
Tafelberg
Gebasseer op die gewilde kinderpartytjie reeks in dit, geborg deur Stork, is Partytjies is pret die een boek wat elke ma moet hê. Stork en dit het 25 opwindende partytjietemas saamgestel wat elke verjaardagdogter of –seun terdeë sal geniet en terselfdetyd partytjies ’n plesier sal maak vir ouers. Elke partytjietema sluit die volgende in:
- stap-vir-stap instruksies vir ’n onvergeetlike verjaardagkoek
- tematiese uitnodigings en versierings
- partytjielekkernye wat maklik is om te maak
- oorspronklike goetersakkies
Die omvattende inleiding verskaf nuttige raad oor alles van die beplanning van die gebeurtenis, hoeveel kinders uitgenooi moet word vir watter ouderdomsgroepe en die hantering van dissipline en noodhulp wanneer jy ’n partytjie by jou huis hou, tot voorstelle vir speletjies om die kinders besig te hou. ’n Keur van vinnige en maklike resepte vir eetgoed vir volwassenes sorg dat daar goed omgesien word na die grootmense.
Met pragtige fotos, bekostigbare handwerk en hope partytjie-idees, is Partytjies is pret die perfekte gids tot partytjies sonder moeite en propvol pret vir beide ouers en kinders.
|
| |
Partytjies is pret 2
|
Partytjies is pret 2Skrywer: Arina du Plessis, Bernice van der Merwe Datum Vrygestel: 01/04/2009 ISBN: 9780624047186 Prys: AU$ 33.00
Partytjies is pret 2 | Kos & drank
Arina du Plessis, Bernice van der Merwe
Tafelberg
Deesdae behels ’n kinderpartytjie meer as net koek bak en ballonne opblaas. Jy stort baie tyd, liefde en geld in om dié dag ekstra spesiaal vir jou kind te maak. Maar vir baie ma’s is die blote gedagte aan die reëlings en voorbereiding vir die partytjie vreesaanjaend. Gelukkig wys Partytjies is pret 2 jou hoe maklik dit is om ’n partytjie te hou en boonop te geniet. Ons heel eerste gedagte met dié boek was om terug te keer na die basiese beginsels van ’n kinderpartytjie, waar dit moet gaan oor speel, vrolik wees, fees vier en lekkergoed eet (en nie oor wie die grootste en duurste mini-onthaal kan hou nie).
Ons vertrekpunt is dus eenvoudig – gesonde pret en plesier, sonder om jou bankbalans te knou. Hoewel die tye verander, en ons kinders grootword in ’n wêreld waar rekenaars, selfone en ander tegnologie koning kraai, wil ons graag weer ouwêreldse kinderpret terugbring met ons partytjietemas en speletjievoorstelle. Met 22 temas om uit te kies sal Partytjies is pret 2 hope inspirasie bied. En ingeval jy nóg voorstelle vir die spesiale verjaardagkoek soek of die tyd vir die voorbereidings raak min, is daar ’n hoofstuk met 15 bykomende verjaardagkoeke en 6 kolwyntjieversierplanne. Dié vinnige en maklike voorstelle sal jou uit die verknorsing help en baie tyd bespaar.
Tussendeur sal jy hope vars idees kry vir uitnodigings, geskenksakkies, soet en sout eetgoed en die heerlikste drinkgoed – daar is iets vir elke smaak, ouderdom, en begroting. Laat die partytjie begin!
|
| |
Aandstories vir Kleuters
|
AANDSTORIES VIR KLEUTERS
Skrywer: Datum Vrygestel: 29/06/2005 ISBN: 9780798101783 Prys: AU$ 34.00
AANDSTORIES VIR KLEUTERS | Fiksie vir kinders
Human & Rousseau
|
| |
Kleuterverseboek
|
KleuterverseboekSkrywer: D.J. Opperman Datum Vrygestel: 01/02/2010 ISBN: 9780624015178 Prys: AU$ 46.00
Kleuterverseboek | Fiksie vir kinders
D.J. Opperman
Tafelberg
Die Kleuterverseboek sal altyd die maatstaf vir alle ander bundels met kinderverse wees. Geslagte kinders is reeds deur die gedigte hierin vermaak.
Hierdie bundel verse is die eerste keer in 1957 uitgegee, en weer in 1981 verfris, toe ‘n nuwe omslag bygevoeg is. Die temas is ook opnuut gegroepeer en word duidelik in die inhoudsopgawe en voor elke afdeling genoem. Elke afdeling begin met eenvoudige verse en word geleidelik ingewikkelder. Die leser kan dan volgens elke kind se ouderdom en behoefte besluit waar om op te hou en weer terug te keer na die betrokke tema.
Bekende skrywers wie se verse ingesluit is, is Helena Lochner, A.G.Visser, W.O. Kuhne, Anna du Raan, Pieter W Grobbelaar, C.J. Langenhoven, en C.P.Hoogenhout.
Temas sluit in: “Rympies vir vingers, tone, tronies en ritjies op ponies”, “As die eerste klanke kom”, “Die ontdekkertjie se avonture”, “Terg- en uittelrympies”, “Raaiselrympies en rymspreuke”, en “Snelsêers en op-die-ketting-blaas”.
|
| |
Pharos Afrikaans-Engels-Engels-Afrikaans Woordeboek / Pharos Afrikaans-English-English-Afrikaans Dictionary
|
Pharos Afrikaans-Engels-Engels-Afrikaans Woordeboek / Pharos Afrikaans-English-English-Afrikaans DictionarySkrywer: Pharos Datum Vrygestel: 01/02/2005 ISBN: 9781868900442 Prys: AU$ 108.00
Pharos Afrikaans-Engels-Engels-Afrikaans Woordeboek / Pharos Afrikaans-English-English-Afrikaans Dictionary | Tweetalige woordeboeke
Pharos
Pharos
In Februarie 2005 publiseer Pharos ’n boek waarna met groot afwagting uitgesien word – die Pharos Afrikaans-Engels-Engels-Afrikaans Woordeboek / Pharos Afrikaans-English-English-Afrikaans Dictionary. Ná tien jaar se werk is die nuwe uitgawe van hierdie vooraanstaande Afrikaans-Engelse vertalende woordeboek omvattend uitgebrei en bygewerk uit Pharos se databanke van hedendaagse taalgebruik. Sedert die publikasie van die vorige uitgawe van die Tweetalige woordeboek in 1984 het ons wêreld ’n politieke, kulturele en tegnologiese omwenteling beleef. Die Koue Oorlog en apartheid hoort tot die verlede en woordverwerkers en die internet het alledaags geword. Sien hoe hierdie veranderinge in die woordeskat van die nuwe Pharos Afrikaans-Engels-Engels-Afrikaans Woordeboek / Pharos Afrikaans-English-English-Afrikaans Dictionary weerspieël word – ’n onmisbare hulpmiddel vir die kantoor, huis en opvoedkundige
|
| |
Tweetalige sakwoordeboek / Bilingual pocket dictionary
|
Tweetalige sakwoordeboek / Bilingual pocket dictionary
Skrywer:DB Bosman Datum Vrygestel: 26/03/2002 ISBN: 9781868900077 Prys: AU$ 20.00
Tweetalige sakwoordeboek / Bilingual pocket dictionary | Tweetalige woordeboeke
DB Bosman
Pharos
Hierdie woordeboek bevat meer as 30 000 Afrikaanse en Engelse trefwoorde met vertalings.
|
| |
Charlize – Life’s One Helluva Ride
|
Charlize – Life’s One Helluva Ride Skrywer:Chris Karsten Datum Vrygestel: 04/05/2009 ISBN: 9780798150286 Prys: AU$ 56.00
Charlize – Life’s One Helluva Ride | Biografie
Chris Karsten
Human & Rousseau
In hierdie oorsigtelike huldeblyk aan ’n merkwaardige vrou ontleed Chris Karsten die geheim van haar vordering van ’n plot op Putfontein tot die panteon van sterre.
Dat Charlize Theron beeldskoon is, het gehelp. Maar iets besonders is in haar raakgesien. Boweal het sy geloof en vertroue in haarself en sy wéét hoe om verbete aan haar droom te klou. Vandat sy as jong tiener vir Tom Hanks en Daryl Hannah in Splash gesien het, was sy oortuig sy kon die rol van die meermin beter vertolk.
Uit onderhoude met familielede, onderwysers en vriende in Suid-Afrika, besoeke aan haar destydse en huidige leefwêrelde, en omvattende navorsing van die hoofstroommedia, gee Chris Karsten insig in die lewe en loopbaan van iemand wat haar en haar ma en haar vriende se privaatheid as heilig beskou. Op die vooraand van veertig hou die indrukwekkende omvang van haar repertoire haar posisie Hollywood steeds stewig. En aan ’n beter lewe kan sy nie dink nie: “Ek leef ’n droom.”
Ook beskikbaar in Afrikaans: Charlize - Ek leef my droom.
|
| |
Trevor Manuel - ’n lewensverhaal
|
Trevor Manuel - ’n lewensverhaal Skrywer: Pippa Green Datum Vrygestel: 09/04/2009 ISBN: 9780624047247 Prys: AU$ 72.00
Trevor Manuel - ’n lewensverhaal | Biografie
Pippa Green
Tafelberg
Trevor Manuel, sedert 1996 minister van finansies, is een van Suid-Afrika se geliefdste politieke leiers.
Hy word wyd bewonder vir sy knap hantering van die ekonomie en sy professionele leierskap. Hier vertel Pippa Green, bekende joernalis en Nieman-genoot, die volle verhaal van ‘n man wat van ’n nederige begin tot in die kern van mag gevorder het.
|
| |
Trompie 1: Trompie
|
Trompie 1: Trompie
Skrywer:Topsy Smith Datum Vrygestel: 04/09/2006 ISBN: 9780798146371 Prys: AU$ 17.00
Trompie 1: Trompie | Fiksie vir kinders
Topsy Smith
Human & Rousseau
Ons ontmoet Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwonders van hul tuisdorp, Kwaggaberg.
Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna ’n kêrel te kry, loop lelik skeef. Trompie raak lief vir ’n spelerige basterbrak, maar die hond behoort aan ’n ou man wat nie lank op hul dorp gaan vertoef nie. Die Grootkaptein se leierskap van die Boksombende word bedreig en hy en sy maat Rooie moet sake uitbaklei.
Dan is daar ook nog die skoolkonsert. Trompie stel kwansuis nie belang om deel te neem nie, maar op die nippertjie wed hy sy manskappe hy sal wél die aand op die verhoog verskyn. Ons held kry ook noodgedwonge ’n meisie, maar vind vinnig ’n manier om hom daaruit te wurm!
HELE REEKS OOK BESKIKBAAR!!!!!
|
| |
Saartjie 1: Saartjie
|
Saartjie 1: SaartjieSkrywer: Bettie Naudé Datum Vrygestel: 02/09/2006 ISBN: 9780798146395 Prys: AU$ 17.00
Saartjie 1: Saartjie | Fiksie vir kinders
Bettie Naudé
Human & Rousseau
Ons ontmoet Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as Die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en ’n klein niksnuts genaamd Muggie.
Saartjie reël ’n konsert om geld vir liefdadigheid in te samel en skryf haar eie toneelstuk daarvoor, maar dinge loop nie heeltemal soos beplan nie. ’n Paar dae later sluip sy en haar maats in by ’n bouvallige ou huis waar ’n kluisenaar jare gelede dood is en ontdek ’n geraamte en ’n ysterkis.
Hulle het skaars van hierdie avontuur herstel wanneer Saartjie besluit om te gaan heuning uithaal. Die bye steek hulle egter nie so erg soos die arme hoenders op ’n nabygeleë kleinhoewe nie! Die laaste dag op laerskool aap Saartjie tot almal se vermaak party van die onderwysers na en dan moet sy aan ’n debat teen ’n seun deelneem. Ja-nee, sy is beslis ’n besige meisie!
HELE REEKS OOK BESKIKBAAR!!!
|
| |
Haas Das se nuuskas
|
Haas Das se nuuskas Skrywer:Louise Smit Datum Vrygestel: 02/06/2006 ISBN: 9780798146692 Prys: AU$ 25.00
Haas Das se nuuskas | Fiksie vir kinders
Louise Smit
Human & Rousseau
Almal van Menseland wat Haas Das kan onthou, en dié wat Haas Das nie kan onthou nie sal verheug wees dat die geliefde nuusleser van Diereland en sy assistant, Piet Muis, asook al die ander skreeu-snaakse karakters soos Grootoom Flapoor Olifant, Oompie Bulletjie Wildebees, Stokkina Meerkat, Moeder Raaf, Bettina Bobbejaan, Hasie Kwassie, Skillie Skilpad, en vele meer, en hulle manewales weer met ons is.
|
| |
Diere: ’n Ensiklopedie vir kinders
|
Diere: ’n ensiklopedie vir kinders
Skrywer: Datum Vrygestel: 16/09/2009 ISBN: 9780798150880 Prys: AU$ 55.00
Diere: ’n ensiklopedie vir kinders | Kinders: algemene belangstelling en ontspanning
Human & Rousseau
Die grootste, die kleinste, die vinnigste, die gehardste, die vreemdste . . . jy sal hulle almal in DIERE vind! Begin jou reis met ’n volledige inleiding oor die dierekoninkryk. Die klassifikasie van diere, roofdiere en prooi, habitats en lewensiklusse word ondersoek. Die verskillende afdelings kyk na al die grootste dieregroepe, onthul hul wonderlike lewens, hul stambome en sleutelfeite oor elkeen. Jy sal vlermuise en visse, leeus en lemurs, paddas en pikkewyne, walvisse en walrusse en nog vele vreemde en wonderlike diere in hierdie fantastiese ensiklopedie vind.
|
| |
Hoe ons wonderlike liggaam werk
|
Hoe ons wonderlike liggaam werk Skrywer:Richard Walker Datum Vrygestel: 09/01/2008 ISBN: 9780798149174 Prys: AU$ 27.00
Hoe ons wonderlike liggaam werk | Naslaan & tuisstudie
Richard Walker
Human & Rousseau
Hoe word voetvretende swamme in hulle spore gestuit? Hoekom gor jou maag as jy honger is? Al ooit gehoor van ’n suurbad in jou liggaam? Maak gereed vir ’n uitbundige gekerjakker deur die menslike liggaam. Kyk hoe afskuwelike toksiese bakterieë afgeweer word, koes tussen spuitende maagsappe, en beleef ’n gewaagde rit op bloedrooi golwe bruisende bloed. Indrukwekkende uitvoubladsye verklap die geheime van jou ingewande en ondersoek hoe al die belangrike deeltjies werk.
In hierdie tweede boek van die Brainwaves-span word die liggaam se fisiologiese prosesse en anatomiese samestelling ondersoek. Kyk hoe die Brainwaves saam met die liggaam se verdedigingsmag baklei teen toksiese bakterieë, spuitende verteringsappe probeer vermy of keer dat hulle weggespoel word deur ’n malende, bruisende rooi bloedrivier. Die Brainwaves is klein mensies op ’n groot avontuur. Sluit by hulle aan!
|
| |
Die Wonderlikste Atlas van die hele wye wêreld
|
Die wonderlikste atlas van die hele wye wêreld Skrywer:Simon Adams Datum Vrygestel: 01/01/2009 ISBN: 9780798150316 Prys: AU$ 30.00
Die wonderlikste atlas van die hele wye wêreld | Naslaan & tuisstudie
Simon Adams
Human & Rousseau
Hierdie boeiende atlas, wat wemel van die Slimkoppies – klein mensies met gróót idees – neem ons op ‘n wonderlike toer deur die wêreld soos jy dit nog nooit gesien het nie. Die ses uitvou-dubbelblaaie is veral besonders. Elkeen lê die klem op een van die ses vastelande: Noord-Amerika, Suid-Amerika, Afrika, Europa, Asië en Oseanië. Boonop is daar spesiale artikels oor allerhande dinge soos die aarde se bou, die wêreld se mense, oseane, en weer en klimaat.
|
| |
Keurboslaan 1: Jong Doktor Serfontein
|
Keurboslaan 1: Jong Doktor Serfontein
Skrywer:Theunis Krogh Datum Vrygestel: 02/09/2009 ISBN: 9780798150149 Prys: AU$ 23.00
Keurboslaan 1: Jong Doktor Serfontein | Fiksie vir jong volwassenes
Theunis Krogh
Human & Rousseau
In hierdie eerste boek van die Keurboslaanreeks ontmoet ons die jong doktor Roelof Serfontein wat as verdwaalde en dodelik siek vreemdeling op Keurboslaan naby die Swazilandse grens beland.
Die bejaarde hoof van hierdie vervalle kosskool versorg die jong man met die misterieuse verlede en red sy lewe. Dr Serfontein besluit daarna om op Keurboslaan te kom werk as adjunk-hoof om daar fisiese en emosionele heling te soek. Onder sy bekwame hand word die skool gou opgebou tot een van die beste seunsskole in die omgewing en die indruk wat hy op die seuns maak laat hulle ’n nuwe lus vir die lewe vind.
Alles verloop egter nie vlot nie en leerlinge soos Oscar Wienand sorg vir genoeg kattekwaad om die nuwe hoof ’n behoorlike vuurdoop te gee!
HELE REEKS OOK BESKIKBAAR!!!!!
|
| |
Die avonture van Kuifie: Die krap met die goue knypers
|
Die avonture van Kuifie: Die krap met die goue knypers Skrywer:Georges Hergé Datum Vrygestel: 25/10/2005 ISBN: 9780798145510 Prys: AU$ 26.00
Die avonture van Kuifie: Die krap met die goue knypers | Strokiesprente & grafiese roman vir kinders
Georges Hergé
Human & Rousseau
Geheimsinne leidrade sit Kuifie en Spokie op die spoor van ’n gevaarlike bende opiumsmokkelaars. Kuifie word ontvoer, maar hy ontsnap en sy paaie kruis vir die eerste maal met Kaptein Sardijn. Saam pak hulle die smokkelaars in ’n avontuur wat hulle van die Saharawoestyn na ’n Marokkaanse hawe neem.
REEKS BESKIKBAAR!!!
|
| |
|